Geskiedenis van die Goudveld gemeente
Aan die begin van 1960 het ‘n paar lidmate van die Kerk wat in die Goudveld kom werk het, in huise begin dienste hou.
Hulle het begin bid vir die ontstaan van ‘n gemeente.
Aan die begin van Mei 1960 is daar begin met ‘n reeks dienste deur verskeie leraars.
Die reaksie was oorweldigend.
Baie mense het tot bekering gekom.
Huisgesinne is gered en het van krag tot krag gegaan.
Na afloop van die dienste is die gemeente gestig en die eerste kerkraad verkies.
Onder moeilike omstandighede en met groot teestand is dienste in skoolsale gehou, daar het die Here steeds siele gered.
Tydens die eerste leraar se bediening, ds Devenier, word ‘n pastorie gebou, ‘n erf voorsien deur wyle oom David Naude.
Onder ds. Olwagen se leiding is die kerk gebou en ingewy op 20 April 1968.
In 1976 is Virgina van Welkom afgestig en in 2002 weer herening as die Goudveld gemeente.
Uit hierdie gemeente het die Here verskeie persone tot voltydse diens geroep – ds Corrie Bester, Vic Smit, Wimpie Jacobs en Pieter Rousseau.
Ons dank en loof die Here onse God vir wat Hy vir ons gemeente gedoen het.