h/v Jackie Kruger str en David str, Naudeville, Welkom

Sakramente

Die Doop

Die doop word bedien deur besprinkeling aan kinders van gelowige ouers en aan ongedoopte volwassenes nadat hulle belydenis van geloof afgelê het. Die kerk glo dat die doop nie ‘n mens kan red nie, maar dat dit heenwys na die afwassing van sondes deur die bloed van die Here Jesus.

EGK DOOP 1
EGK Nagmaal

Die Nagmaal

Die sakrament van die Heilige Nagmaal word alleen aan kinders van God, wat die vrymoedigheid daartoe het, bedien. Die Kerk beskou die Nagmaal as ‘n instelling van die Here en daarom mag alle ware weder-geborenes, aan watter Christelike kerk of gemeente hulle ook al mag behoort, saam die dood van die Here gedenk.